Taalbeleid
3/13/1
Snr Supt K Calteaux
(012) 393-5421
082 778 9627
2003-09-18
ALLE AFDELINGSKOMMISSARISSE
ALLE PROVINSIALE KOMMISSARISSE
Alle Hoofde
HOOFKANTOOR
Alle Bevelvoerders
SAPD-KOLLEGES EN -OPLEIDINGSENTRUMS
Alle Seksiehoofde
HOOFKANTOOR
ALLE ADJUNK NASIONALE KOMMISSARISSE
Die Stafhoof
MINISTERIE VIR VEILIGHEID EN SEKURITEIT
Die Sekretaris
NASIONALE SEKRETARIAAT VIR VEILIGHEID EN SEKURITEIT
TAALBELEID VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS
- A. - E. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontwikkel
tans 'n nuwe taalbeleid wat op die beginsel van doeltreffende
kommunikasie binne die raamwerk van veeltaligheid,
taalgelykheid en taalregte geskoei is.
- Op grond van die Kabinet se goedkeuring van 'n Nasionale
Taalbeleidsraamwerk (NTBR) vir Suid-Afrika in Februarie 2003
kan die SAPD se taalbeleid nou afgehandel word.
- Die ontwikkeling van die nuwe taalbeleid is op nasionale
vlak reeds in 'n gevorderde stadium. 'n Taalbeleidstaakspan
wat bestaan uit verteenwoordigers van elke afdeling en
komponent by Hoofkantoor, het 'n konseptaalbeleid bespreek en
die implikasies van die konsepbeleid vir die verskillende
omgewings by Hoofkantoor oorweeg. Dit het aanleiding gegee tot
die verslag waarin terugvoering oor die voorgestelde
taalbeleid vervat is.
- Beraadslagings het plaasgevind in verband met die insette
wat van elke afdeling en komponent ontvang is wat weer
aanleiding sal gee tot 'n konsep nasionale instruksie oor 'n
nuwe taalbeleid vir die SAPD.
- Weens die diverse aard van taalgebruik in die land en dan
per implikasie ook in die SAPD, sal die konseptaalbeleid van
Hoofkantoor aangepas moet word om in elke provinsie se unieke
behoeftes te voorsien. Om dit te kan doen, moet daar by wyse
van werkswinkels op provinsiale, area- en stasievlak regdeur
die land oor die konseptaalbeleid beraadslaag word. Hierdie
werkswinkels sal na verwagting tussen November 2003 en
Februarie 2004 plaasvind.
- Om hierdie proses te vergemaklik, word die volgende vereis:
- Alle tussentydse reëlings oor taalbeleid en
taalgebruik wat afwyk van Staande Order (Algemeen) 201,
moet onmiddellik ingetrek word. Dit sluit in die gebruik
van Engels as die enigste medium van kommunikasie in
gevalle waar hierdie benadering nie doeltreffende
kommunikasie aanhelp nie. SO (A) 201 wat tans nog van krag
is, moet nagekom word totdat die nuwe taalbeleid in
werking gestel is. Probleme om SO (A) 201 uit te voer en
enige afwykings van SO (A) 201 moet skriftelik by die
taalbeplanner van die SAPD, sr supt (dr) Calteaux, by
calteauxk@saps.org.za of per faks by (012)
393-5002/5425 aangemeld word. Tree in verbinding met sr
supt Calteaux indien u duidelikheid wil hê oor die huidige
taalbeleid en opsoek is na werkbare oplossings vir
taalprobleme.
- Elke provinsiale kantoor, areakantoor en stasie moet
fasiliteerders vir die taalbeleid aanwys wat elkeen van
hierdie kantore of stasies tydens die konsultasieproses
kan verteenwoordig. Daar word voorgestel dat hierdie lede,
indien moontlik, uit die kommunikasiestrukture op die
verskillende vlakke getrek word. Hierdie persone moet,
indien moontlik, 'n belangstelling in of agtergrond van
taal, kommunikasie en transformasie hê.
- Die name en kontakbesonderhede van die lede wat as
taalbeleidsfasiliteerders sal optree, moet voor 31 Oktober
2003 aan sr supt Calteaux gestuur word. 'n Pro forma opgawe is
aangeheg om die proses te vergemaklik.
- Maak asseblief seker dat hierdie omsendskrywe dringend
onder alle lede van die SAPD se aandag gebring word.
- Meer inligting oor die NTBR en afskrifte van die
konseptaalbeleid vir die SAPD kan by sr supt Calteaux aangevra
word. U kan u navrae in hierdie verband stuur na die e-posadres
en faksnommer wat in par 6.1 gegee is. Telefoniese navrae kan
gerig word by (012) 393-5421 of 082 778 9627.
F-H Vir u inligting.
NASIONALE KOMMISSARIS: SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS
back to top
|