|
AFRIKAANS
KINDERREGTE
WIE IS ‘N KIND?
‘n Kind is enigiemand jonger as 18 jaar.
Die hoogste wetlike gesag in Suid-Afrika,
naamlik die Grondwet, waarborg dat almal jonger as 18 jaar kinderregte het.
Alle kinders in Suid-Afrika, met inbegrip van kinders van ander lande, het
dus sekere regte.
WATTER REGTE HET KINDERS?
- Kinders het die reg om kinders te wees.
- Kinders het die reg om deur hulle
ouers, familie en oppassers versorg te word.
- Kinders het die reg om genoeg kos te
hê om gesond te bly.
- Kinders het die reg tot die beste
moontlike gesondheidsorg wanneer hulle siek is.
- Kinders het die reg om beskerm te word
teen kwaad, om skuiling te hê en om veilig te voel.
- Kinders het die reg tot opvoeding.
- Kinders met gestremdhede het die reg
op spesiale sorg.
- Kinders het die reg om hulle gevoelens
te lug en om na geluister te word.
KINDERS HET DIE REG OM BESKERM TE WORD
- Die Regering, insluitend die SAPD,
moet alles binne sy vermoë doen om kinders beskerm teen mense,
insluitend hulle ouers, wat hulle seermaak.
- Die Regering moet help om kinders te
beskerm teen soorte fisieke en emosionele geweld, besering of misbruik.
- Kinders wat in die moeilikheid is met
gereg het die reg om met spesiale aandag behandel te word.
- Kinders het die reg om beskerm te word
teen situasies waarin gewapende geweld voorkom.
- Kinders het die reg om verwaarlosing,
misbruik en vernederende straf deur ouers en oppassers beskerm te word.
- Kinders het die reg om te speel en om
nie se werk te doen nie; om beskerm te word teen kinderarbeid, en om nie
geforseer te word om vir ander geld te maak nie.
- Kinders het die reg om teen alle vorme
van seksuele uitbuiting en seksuele beskerm te word.
- Kinders het die reg om skadelike
stowwe en dwelms beskerm te word. Kinders moet daarteen beskerm word om
gebruik te word om dwelms maak of verkoop.
WAT IS KINDERMISBRUIK?
Seksuele misbruik
- Om ‘n kind te dwing om aan jou te raak.
- Om ‘n kind bloot te stel aan
pornografiese materiaal.
- Om aan ‘n kind te raak waar hy of sy
nie aangeraak wil word nie en wanneer dit nie gepas is nie Fisieke
misbruik
- Om ‘n kind te slaan of seer te maak,
of om jou frustrasies op hom of haar uit te haal.Emosionele misbruik
- Om ‘n kind te verneder, te dreig of om
op hom of haar te skree. Verwaarlosing
- Om nie goed vir ‘n kind te sorg nie,
byvoorbeeld deur die kind nie te bad, aan te trek of kos tee gee nie.
KINDERS HET DIE REG OM VERSORG TE WORD
EN BESKERM TE VOEL
- Oortreders is dikwels aan die kind
bekend. Hulle kan mense wees hulle vertrouensposisies misbruik deur
kinders te misbruik hulle eintlik veronderstel is om die kinders te
beskerm.
- Hulle kan selfs ouers, ander
familielede, vriende, bure, onderwysers of polisiebeamptes wees. Dit
beteken egter nie dat almal in vertrouensposisies kinders misbruik nie.
- Kinders is kwesbaar, veral oor naweke
en vakansies wanneer hulle alleen tuis is.
- Ouers of oppassers moet altyd weet
waar en saam met wie hulle kinders is.
- Ouers of oppassers moet altyd in die
beste belang van die kind optree.
- Kinderbeskerming begin tuis en met jou
eie familie.
VEILIGHEIDSPLAN VIR KINDERS
Vertel iemand:
- As jy bedreig voel, vertel iemand wat
jy vertrou.
- Moet nooit toelaat dat misbruik ‘n
geheim tussen jou en die misbruiker word nie.
- As iemand jou reeds misbruik het, moet
hom of haar nie beskerm nie - beskerm jouself - meld dit aan.
- As die persoon jou nie glo nie, vertel
iemand anders. Gaan na ‘ kliniek en vertel die klinieksuster - sy moet
stappe neem. Jy kan misbruik aanmeld by ‘ polisiestasie, of ‘n
onderwyser wat jy vertrou vra om jou te help om dit aan te meld. Jy kan
ook Childline tolvrye nommer skakel by 0800 05 55 55.
Hou aan om vir mense te vertel wat gebeur
het totdat iemand jou glo en stappe neem om jou te beskerm.
WEES BEWUS, WEES VEILIG
- Wees ingelig oor jou regte as ‘n kind.
- Jy het die reg om NEE te sê vir
enigiemand, selfs jou ouers, wat dinge doen of sê wat jy voel verkeerd
is. Dit sluit enigiemand in wat probeer om aan jou liggaam te raak of
voorstelle maak waarmee jy nie gemaklik voel nie.
- Lees oor dinge wat jy nie verstaan nie,
soos seks, VIGS, hoe babas gebore word,
en wat seksuele, emosionele en fisieke misbruik is. Jy hoef nie bang of
skaam te wees om vrae te vra oor hierdie dinge nie. Jy kan jou ouers
onderwysers of enige volwassene wat vertrou daaroor uitvra, of jy kan
Childline bel.
‘n Ingeligte kind is ‘n goedbeskermde
kind.
Wees lief vir jouself
- Bewaar jou liggaam; dit is vir ‘n
leeftyd.
- Respekteer jouself en ander.
- Heg waarde aan jou eie lewe - jy is
spesiaal.Wees vol selfvertroue
- Seun of meisie, ryk of arm, vet of
maer, lank of kort - tree met selfvertroue op. Moenie toegee aan druk
van jou vriende of enigiemand anders nie. Hou by jou beginsels. Ken jou
perke en respekteer ook ander mense se perke.
- Weet hoe ver jy mag gaan met iemand
anders en weet die perke is wat ander mense se gedrag teenoor jou betref.
- Seuns en meisies: beskerm en staan op
vir mekaar vir dit wat reg is.
- As jy misbruik word, kan dit nooit jou
skuld wees nie misbruikers sal probeer om jou te blameer in ‘n poging om
te keer dat jy met ander mense oor die misbruik praat.
Onthou, die voorkoming van misdade teen
kinders is almal se saak.
AS JY ‘N SLAGOFFER IS OF VERMOED DAT
‘N KIND MISBRUIK WORD, SKAKEL DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS:
|